It’s not inside, its on top — Cremora-koning

 
  Andries van der Heyde   Published: 08 Mar 2013   

 

“Weet jy wie’s daai?” vra oom Corrie van Staden van Modimolle my terwyl hy na ’n foto wys.
“Nee Oom, wie is dit?”
“Dis Willem Derecksen, die ou wat die multimiljoenrand industrie, Cremora, jare gelede begin het. Ek was saam met hom op skool.” 
Van Staden en Derecksen was in st. 5 (vandag gr. 7) in die destydse Potgietersrus (nou Mokopane) op skool.
Derecksen is in 1926 gebore en het hom later in Pretoria gevestig.
Ná jare van geen kontak, het Van Staden hom in 2006, kort voor Derecksen se dood, weer opgespoor.
“Willem was ’n arm seuntjie wat op Roedtan grootgeword het. Nadat hy klaar studeer het, het hy vir die suiwelmaatskappy KLIM begin werk. Dis daar waar hy Cremora uitgedink het.”
Mense onthou natuurlik die slagspreuk van Cremora van hul advertensies: “It’s not inside, it’s on top.” Van Staden vertel dat dit oorlede Jan Spies was, een van die aanbieders van die televisiereeks Spies en Plessis, wat die slagspreuk aan Derecksen voorgestel het.
“Willem was skatryk, maar plat op die aarde,” sê Van Staden.

Views: 130      l      Read: 130

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 

Willem Derecksen, die Cremora-koning, voor sy dood in 2006.

Volg Die Pos ook op sosiale media